Oogmerke
Die TPO is ‘n vrywillige bedryfsorganisasie wat poog om as mondstuk vir die produsente van vars tamaties in Suid-Afrika te dien:
- vir die lede die beste moontlike ekonomiese posisie in Suid-Afrika te verseker deur as skakel tussen die lede, instansies en owerhede (privaat en openbaar) te dien;
- ‘n nasionale verteenwoordigende liggaam ten opsigte van alle tamatiebelange in stand te hou waaraan alle tamatieprodusente en belanghebbers kan deelneem en onderlinge eenheid en ‘n gees van samewerking en samehorigheid onder tamatieprodusente te kweek en te bevorder;
- hom te beywer om die tamatiebedryf stelselmatig te ontwikkel wat insluit die bewaar van die hulpbronne (grond en water), die instandhou en verbeter van grondvrugbaarheid, produksie- en bemarkingsmetodes;
- aktief lede vir die TPO te werf onder alle tamatieprodusente, hetsy bewese of nuwe produsente
- onderlinge eenheid en ‘n gees van samewerking en samehorigheid onder tamatieprodusente te kweek en te bevorder;
- ‘n nasionale verteenwoordigende liggaam ten opsigte van alle tamatiebelange in stand te hou waaraan alle tamatieprodusente en belanghebbers kan deelneem;
- hom te beywer vir die mees doeltreffende produksie en bemarking van tamaties;
- hom geheel en al daarop toe te lê om sy vernaamste en enigste oogmerk te bevorder.
- as mondstuk vir die lede op te tree en namens die lede inspraak te kry in besluite wat hulle belange raak;
- hom te beywer vir die mees doeltreffende produksie en bemarking van tamaties;
- te affilieer by en saam te werk met ander landbou-organisasies;
- ter verwesenliking van genoemde doelstellings geen sake van die Vereniging deur politieke oorwegings te laat beïnvloed nie;
- deur gesamentlike optrede te sorg vir die daarstel en onderhou van toepaslike fasiliteite en dienste vir die lede van die Vereniging en om vir hierdie doel die tamatiebedryf te organiseer en die nodige diensrigtings te skep;
- die TPO se sake nie met die maak van wins as oogmerk te bedryf nie en om geen oorskotte wat uit sy aktiwiteite mag ontstaan aan die lede uit te keer nie, maar uitsluitlik of te belê of aan te wend word om die Vereniging se doelstellings te bevorder;
- nie in kompetisie met sy lede handel te dryf nie of deel te neem aan enige besigheids, professionele – of beroepsbedrywighede van enige van sy lede nie, of enige van sy lede finansieel of andersins te ondersteun in en met die beoefening van ‘n besigheid, bedryf of beroep nie;