Gebakte tamaties

Neem sowat ses groot, ryp, tamaties…

…en sny hulle middeldeur. Skep die sade en waterigheid met ’n teelepel uit en keer die tamaties om om oor die opwasrak te dreineer. Kap fyn drie of meer huisies knoffel met ’n vuisvol pietersielie.

Smeer ’n plat oondvaste bak met olyfolie en rangskik die tamaties daarin met hul gesnyde kant na bo. Drup nog olyf op en sprinkel die knoffelmengsel oor met ’n strooisel sout en swartpeper, asook ’n lepeltjie suiker.

Bak die tamaties vir ’n uur in ’n matige warm oond.

Wie gee nou om vir ’n knoffel-asem?