Blatjang

Vind sowat ’n kilogram, groot, ryp, tamaties en dompel hulle in kookwater vir ’n wyle. Trek die skilletjies af. Kap hulle aan stukke. Gooi twee handevol sultanas en twee opgekapte uie by die tamaties. Hammer alles fyn. As jy het, gebruik sommer jou voedselverwerker.

Kook die mengsel met ’n koppie asyn,  en ’n koppie suiker. Sprinkel nou, mosterdpoeier, gemmer, naeltjies kaneel en rooipeper by. Dit moet geskied na smaak. Persoonlik meng ek 15ml mosterdpoeier, net soveel gemmer, 5ml van die naeltjies en ook 5ml kaneel saam. Rooipeper? Omtrent 1ml.

Roer dikwels sodat dit nie aanbrand nie. Die geur vertel jou wanneer dit reg is om te bottel.